Welkom!
Welkom by die Absa Beleggings VAMT 2011 - DIE EXTRAVAGANZA se webblad!
Persverklaring - Julie 2011
Absa Beleggings gee VAMT nuwe glans
Beleggingsreus borg die 2011 VAMT Extravaganza
Soos die VAMT elke jaar van krag tot krag gegaan het, kan ons met trots aankondig dat Absa Beleggings verwelkom word as die hoofnaamborg. Hierdie geleentheid sal dus nou bekend staan as die Absa Beleggings VAMT EXTRAVAGANZA 2011.
Na ses suksesvolle VAMT-jare is daar besluit om vir die Afrikaanse Toekennings ‘n nuwe baadjie aan te trek, en weer eens soos ware pioniers hoekstene te lê in die Suid Afrikaanse musiekbedryf. VAMT is voorwaar 'n voorloper in die Afrikaanse musiekbedryf en het reeds die prestige en statuur geskep wat dié pryse uniek maak.
Op die koop toe het Willie Venter van "The Producers of Performing Arts" deel geword van die VAMT-span om by te dra tot vanjaar se baanbrekerswerk.
VAMT skep hierdie jaar ‘n platform vir Afrikaanse musiek met nuwe geleenthede wat platemaatskappye in staat stel om hulle goue en platinum-kunstenaars in samewerking met RISA te vereer.
Die gala-aand sal steeds in ware VAMT-styl aangebied word, met 'n rooitapyt en al die ander skitterblink bykomstighede om die aand, soos altyd, onvergeetlik én onbeskryflik te maak.
VAMT is ‘n ongelooflike geleentheid wat reeds ‘n jaarlikse hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidskalender is. Die glansryke Absa Beleggings VAMT Extravaganza 2011 word vanjaar op Woensdag 26 Oktober by Carnival City gehou.

